CHAKALAKA HOENDERLEWERTJIES
“Njamm. As iemand nie van lewer hou nie, kan jy eenkant dieselfde resep met hoenderfilette maak.
- 1 cm hoogte olie in potjie
- 500 g bakkie hoenderlewers
- 1 koppie koekmeel
- 1 blik chakalaka (warm of matig)
- 250 ml houertjie room
- 1 eetlepel gekapte koljanderblare (as jy het)
Was en sny die lewers in kleiner stukkies en dreineer.
Bedek die lewers met meel, skud die oortollige meel af en braai in die warm olie tot goudbruin.
Plaas die lewers eenkant op kombuispapier.
Plaas die chakalaka en room in die pot en verhit die mengsel tot kookpunt.
Voeg die lewers en koljander (opsioneël) by en prut tot die mengsel verdik het.
Bedien met suurlemoenskywe, koljaderblare en geroosterde ciabatta.
Resep en foto: Stef Conradie