CHAKALAKA BOEREWORS
Resep: Elize de Kock
Foto: Hennie Prinsloo
- 400 g beesvleis
- 400 g varkvleis
- 200 g rugvet of varkvet
- Bestanddele per 1000 g (1 kg) vleis
- 18 g sout (3 teelepels)
- 2 g peper (1 teelepel)
- 40 g uie, gekap (½ ui)
- 0,5 g neutmuskaat (¼ teelepel)
- 0,3 g naeltjies, gemaal (⅛ teelepel)
- 15 g kerriepoeier (1 eetlepel)
- 16 g tamatiesous (1 eetlepel)
- 0,5 g gemmer (¼ teelepel)
- 0,5 g rooipeper (¼ teelepel)
- 8 g knoffel, fyngekap (2 huisies)
- 5 ml Worcestersous (1 teelepel)
- 30 ml asyn
- Optioneel:
- 40 g soettrissie, gekap
- Sny die vleis in klein blokkies, meng met die speserye en maal deur ‘n 5 mm siffie.
- Stop in 32 mm varkomhulsels om wors te vorm.
- Verpak en vries vir latere gebruik.
- Nota: Hennie Prinsloo
- Ek het die resep net so gebruik.
- Die soetrissie het ek dieselfde gewig gebruik en bygesit as wat die uie se gewig is.
- Ek het die uie, knoffel en soetrissie met die hand fyn gesny, maar volgende keer sal ek dit saam met die blokkies vleis maal.
- Die sout gaan ek 19 g per 1 kg vleis maak volgende keer en dan weer probeer en sien hoe dit uitkom.
- Ek het ‘n stukkie in die lugbraaier gebraai en dit is fantasties lekker.
Category:












