CHAKALAKA-AARTAPPELSLAAI
“Ook nog lekker die volgende dag as die geure “getrou” het. “
- 1 kg gaar baba-aartappels, geskil in ringe gesny
- 1 blikkie (flou sterkte) Chakalaka (of sterkte van jou keuse)
- 1 medium ui, opgekerf
- ½ pakkie kleinerige murgpampoentjies, in ringe gesny
- sout en peper, na smaak
- droë knoffelvlokkies, na smaak en opsioneël
- 1 eetlepel botter
Braai die ui, pampoentjies, sout, peper en knoffelvlokkies liggies in een eetlepel botter in ‘n pan (ek het myne sonder botter gebraai) tot gaar.
Voeg die blikkie Chakalaka by. Roer deur en braai tot mooi verhit is.
Versprei die mengsel oor die koue, gesnyde aartappels en roer liggies deur.
Geniet koud of bedien warm (maak dan seker die aartappels is nog warm).
Resep en foto: Christelle van Rooyen