Your Recipe Blog

CHAI-GEGEURDE MELKKOS

Avatar photo
Recipe by
| Servings: 4 porsies

CHAI-GEGEURDE MELKKOS

  • 4 koppies melk
  • 4 eetlepels suiker
  • knippie fyn peper
  • 2 kaneelstokkies
  • 2 kardemompeule, gekneus
  • 2 heel naeltjies
  • 2 steranys
  • 90 g koue botter
  • 7 eetlepels koekmeel
  • 2 knippies sout
  • 2,5 ml vanilla ekstrak

Verhit melk en suiker tot dit prut. Voeg al die speserye by en laat prut vir 5 min. Laat trek vir 15 min.
Gooi deur ‘n sif en gooi speserye weg. Sit melk terug op warm plaat en verhit weer met ‘n knippie sout. Vryf die botter in die meel met knippie sout in tot fyn krummels.

Plaas die melk terug op die stoof, sodra die melk begin prut, draai die hitte laer en roer meelkrummels in die melk in.
Roer liggies tot verdik.
Onthou daar moet klontjies in wees.
As dit te dik na smaak is, roer nog melk by.
Voeg vanilla by. Prut stadig vir so 4 minute.
Skep vir elke persoon sy bakkie vol uit, strooi kaneelsuiker oor en geniet!

Resep en foto: Laetitia Burger

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page