CELIA SE TUNASOP
Hierdie is 1 keer aangemaak.
- Klits alles saam in pot op die stoof tot die sop begin kook. Oppas vir aanbrand:
- 1 pakkie tamatie roomsoppoeier
- 1 koppie warm water
- 1 koppie melk
- sout en peper na smaak
- Voeg by:
- 1 koppie room (250 ml)
- 1 blikkie gesnipperde tuna
Klits alles saam in pot op die stoof tot die sop begin kook. Oppas vir aanbrand.
Voeg die room (250 ml) en 1 gesnipperde tuna by saam met die water / olie, en meng goed deur.
Haal van die plaat af en bedien.
Nota:
Voila – lekker eet!!! Ons is ‘n gesin van 6 – ek maak dit 3 maal aan – want almal wil nog hê.
As jy dit verdubbel – moet nie elke keer die room verdubbel nie – word te ryk – gebruik dan meer melk.
Byvoorbeeld wanneer jy dit 3 keer wil vermeerde:
3 x sop/3 x tuna/3 x water/3 x melk/1 x room en nog 2 x melk – gebruik eie diskressie!
Resep: Celia De Villiers Enslin
Foto: Renee Adams