CECILIA SE KERRIE NOEDELSLAAI
Hi almal! Ekt gedink ek deel my kerrie noedel slaai resep met julle. Hierdie resep maak ‘n 2.5 liter roomys bak vol. Ek’t hom vandag verdubbel vir Kersdag! Nog nooit sooibrand gehad van hom nie en hy hou dae lank in die yskas en word net lekkerder!
- 500 g pasta
- Sous:
- 250 ml All Gold tamatie puree
- 200 ml suiker
- 125 ml olie
- 125 ml asyn
- 25 ml “curry paste” (ek heg foto aan)
- sout en peper na smaak
- 1 groen soetrissie, fyn gesny
- 1 geel/rooi soetrissie, fyn gesny
- 1 blik perskes, fyn gesny
Kook die pasta tot gaar.
Meng al die sousbestanddele saam en giet oor die warm pasta. Meng goed deur.
Nota:
Ek hou van ‘n fyn slaai waar jy met elke happie ALLES in die slaai kan proe.
Resep en foto: Cecilia Strydom