Your Recipe Blog

CECIL SE KAASFRIKKADEL ROLLETJIE

Recipe by
Cook: 30 minute

CECIL SE KAASFRIKKADEL ROLLETJIE

  • Frikkadelle:
  • 400 g maalvleis
  • ¼ koppie gedroogde broodkrummels
  • 1 eier
  • sout en peper
  • 1 teelepel knoffel, gekap
  • 1 teelepel paprika
  • ½ teelepel gemengde kruievlokkies
  • Deeg:
  • winkeldeeg
  • tamatiepasta, na smaak
  • gesnyde kaas, na smaak

Meng al die frikkadelle-bestanddele, vorm balletjies en braai tot gaar in ‘n pan.
Rol deeg uit. Sny in groot genoeg ronde sirkels om die frikkadelle toe te vou.
Plaas kaas op elke deegsirkel, smeer met tamatiepasta en plaas ‘n frikkadelle op elke kaasdeegsirkel.
Vou die deeg goed toe dat niks kan uitloop nie en plaas in gesmeerde bakpan.
Bak teen 150 °C vir 30 minute.

Resep en fotos: Ceci Dunhin

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page