Your Recipe Blog

CECIL SE GEURIGE VARKSKOTTEL

CECIL SE GEURIGE VARKSKOTTEL 

  • 800 g varkfilet, fyn gesny
  • Marinade:
  • 5 knoffelhuisies, fyngedruk
  • 2 cm gemmer, gerasper
  • 1 klein ui, gekap
  • 1 peer, gerasper
  • 1 appel, gerasper
  • ½ koppie soyasous
  • 1 eetlepel sesame-olie
  • 1 eetlepel suiker
  • 1 sprietui, gekap
  • ½ teelepel witpeper
  • Sous:
  • oestersous
  • terakisous
  • rooipeper
  • bietjie gaar spaghetti/noedels, opsioneel
  • sesame-sade

Meng marinade bestanddele saam en voeg vleis by. Plaas in “ziplock”  sakkie; marineer in yskas vir minimum van drie ure. Braai die vleis op medium hitte tot gaar.

Sous:
Meng een deel terakisous tot twee dele oestersous, voeg rooipeper by na smaak en meng deeglik met bietjie gaar pasta (indien gebruik) en sade.

Resep en foto: Cecil Dunhin

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page