“CAULI” BLOMKOOL NACHOS
- ½ groot blomkool, in skywe/blommetjies gesny
- 1 teelepel komyn
- 1 teelepel sout
- 1 teelepel gerookte paprika
- 100 ml olie
- 500 g maalvleis
- 1 ui, gekap
- 1 rooi soetrissie, gekap
- 2 teelepel komyn
- 1 teelepel rissiepoeier
- 1 teelepel gemengde kruie
- 2 avokados, fyn gedruk
- 1 teelepel sout
- sap van ½ suurlemoen
- 1 koppie gerasperde kaas
- jogurt/suurroom vir opdiening
- salsa, ek het gekoop by die winkel – maar dis gewoonlik tamatie, ui, en rissie fyngekap en gemeng
Pak blomkool op ‘n oondbak uitgevoer met bakpapier. Strooi komyn, sout, paprika en olie bo-oor.
Rooster by 200ºC vir 30 min.
Braai maalvleis, ui en pepper saam. Sit komyn, rissiepoeier en gemengde kruie by.
Braai tot vleis gaar is – so 10 minute oor medium hitte. Skep vleismengsel bo-oor blomkool.
Skep salsa bo-oor, en strooi dan gerasperde kaas bo-op. Bak 30 minute tot goudbruin.
Maak die avokado fyn met sout en suurlemoensap.
Skep die “cauli” nachos in borde, met jogurt en avokado bo-oor.
Lekker eet!!
Resep geplaas deur Ilze Garbers Jacobs
Foto: Ilze Garbers Jacobs