Your Recipe Blog

CATHY SE GAMMON

CATHY SE GAMMON

Ek het vandag ‘n gammon op die gewone manier gaargemaak, en daarna met stroop wat oorgebly het van my inlê vye gesmeer en in die oond op grill gesit. Dit het ‘n baie lekker soet strepie.

  • Kook die gammon in water saam met die volgende:
  • 2 wortels, opgesny
  • 5 pepperkorrels
  • 5 ml mosterd
  • 15 ml bruinsuiker
  • 1 spring parsley (pietersielie)
  • 1 lourierblaar
  • 1 ui
  • 2 tot 3 naeltjies

Kook tot sag met bogenoemde en gooi dan stroop van vye oor en grill vir 1 min of tot mooi goudbruin kleur. Sny en geniet.

Resep en foto: Cathy Visagie

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5