Your Recipe Blog

CAROL SE PAMPOENTERT

CAROL SE PAMPOENTERT

  • 2 koppies gaar pampoen
  • 4 eetlepels suiker
  • 3 eetlepels botter
  • 2 eiers
  • ½ koppie koekmeel
  • 1 teelepel bakpoeier
  • sout
  • ½ koppie melk
  • gerasperde neutmuskaat
  • fyn naeltjies en kaneel

Maak die pampoen heeltemal fyn. Laat afkoel.
Voorverhit die oond tot 180°C.
Klits die suiker en botter tot romerig.
Voeg die eiers een vir een by – klits aanhoudend.
Sif die meel, bakpoeier en sout en voeg om die beurt met die melk by die eiermengsel.
Voeg die gaar pampoen by. Moenie te veel roer nie.
Skep die mengsel in a gesmeerde oondbak en strooi speserye bo-oor.
Bak vir 30 – 45 minute.

Persoonlike Wenk:
Ek strooi allerhande pitte bo-op asook growwe bruin suiker – hierdie pampoentert is heerlik warm of koud en vries ook baie goed!

Resep geplaas deur Carol Visser
Foto: Carol Visser

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5