CAROL SE MAKLIKE KAASKOEK
Kom ek verduidelik gou: Calm yourselves my dears! lol!
Dit is die 4 min kaaskoek wat ek so ‘n bietjie aanpas. Kyk hierdie vrou het nie ‘n bang haar op haar kop nie.
Oond moet op 180 ºC wees.
Smeer ‘n losboom koekpan baie goed. Die resep is as volg:
- Kors:
- 1 pak beskuitjies van jou keuse, fyngemaak
- gekapte neute
- 80 – 100 ml botter
- Vulsel:
- 600 ml Griekse jogurt (plain)
- 1 blikkie kondensmelk
- vrugte of enige iets van jou keuse
Ek gebruik McVities beskuitjies.
Smelt die botter en meng met die beskuitjie krummels en neute.
Druk die mengsel vas op die bodem van die pannetjie wat ‘n los bodem het.
Meng die “Greekstyle” (belangrik) jogurt en kondensmelk, roer dit goed deur.
Sit “goodies” in van jou keuse – die vorige een het ek vars heuning maar hierdie keer het ek bloubessies en lemmetjie sap (vars) uitgedruk gebruik.
Sit hierdie mengsel bo-op koekie basis en bak in oond by 180 ºC.
Dit hang af wat bygevoeg is om te bepaal hoe lank dit in die oond moet wees.
Ek het DUBBEL die resep gebruik en dit vir 30 minute gebak.
Moenie dadelik uit pan haal nie – laat goed afkoel – haal versigtig uit pan en sit dadelik in yskas.
Tog te heerlik en maklik en goedkoop! ‘n Ware staatmaker veral as daar nie baie tyd is vir voorbereiding nie!
Foto en resep: Carol Visser