CAROL SE KAASKOEK
Ek wil net graag noem dat ek aanvanklik baie skepties was oor hierdie kaaskoek met die paar bestanddele!
Ek het in die verlede kaaskoeke gebak – baie duur en glad nie goed uitgekom nie.
Hierdie kaaskoek is regtig BAIE LEKKER! My man wat vol dinge is met kaaskoek sê dat dit een van die lekkerste kaaskoeke is wat ek in 28 jaar gebak het. Resep geplaas deur Carol Visser
- 1 pakkie Tennisbeskuitjies, fyn gemaak * Sien wenk
- 75 g botter of margarien, gesmelt
- 600 ml volroom jogurt, enige geur
- 1 blik volroom kondensmelk
KORS:
Meng beskuitjie krummels en gesmelte botter goed saam.
Gebruik agterkant van ‘n groot metaal lepel en druk mengsel vas teen wande en bodem van ‘n tertbord van 23 cm.
Ek het beskuitjies en fyn gekapte neute en botter gebruik vir die korsie.
Meng die joghurt en kondensmelk en skep in die kors.
Net voordat ek dit in die oond wat op 180ºC gestel is, insit het, het ek suiwer heuning gesmelt en bo-op gedrizzle.
Bak vir 20 minute. Laat goed afkoel.
Nota:
Ek het heuning gegeurde jogurt gebruik.
Resep: Carol Visser
Foto’s: Marie Dumas Jennings
Nota:
Hier is my opgejazzde kaaskoek gebak met bogenoemde resep. Vars vrugte met wit en bruin tumbles en versiersuiker gedust.
2de foto:
Ek het weer Carol se Kaaskoek in die oond gebak, nie die heuning bygesit nie. Die gewone mikrogolf bestanddele met 1 liter Greek full fat yoghurt, blikkie kondensmelk en krummelkors in 26 cm losboom koekpan gebak vir 25 minute.
Versier met vars bessies, (frambose, bloubessies, moerbeie en aarbeie), chocolate discs en versiersuiker oor gesif.