CARLA SE MELKKOS MET SAGO
- 500 ml melk
- 3 eetlepels sago
- 1 opgehoopte eetlepel botter
- knippie sout
Verhit die melk, botter en sago baie stadig oor lae hitte en roer aanhoudend vir so 20 minute totdat dit begin dik word.
Die hitte word dan vinniger gestel tot mengsel kookpunt bereik, daarna word die hitte afgeskakel en laat prut vir 5 minute. Roer die hele tyd, pasop vir vasbrand.
Dis nogals ‘n “labour of love”.
Kannie los en wegloop nie.
Skep op en sprinkel met kaneelsuiker.
Resep en foto: Carla Botha