Your Recipe Blog

CARIEMA SE ROTI’S

CARIEMA SE ROTI’S

  • Vir die ghee:
  • 150 g botter
  • ¾ koppie kookolie
  • Vir die deeg:
  • 3 koppie koekmeel
  • ½ koppie bruismeel
  • 1 teelepel sout
  • 3 eetlepels botter, kamertemperatuur
  • 1 koppie kookwater

Berei ghee voor:
Smelt botter in mikrogolfoond en roer olie by. Hou eenkant.

Berei deeg voor:
Plaas koek- en bruismeel, sout, botter en kookwater in ‘n mengbak en roer deur met handvatsel van ‘n houtlepel.
Gebruik nou jou hande en meng en knie tot deeg vorm. Dit sal redelik klewerig wees. Jy kan altyd meer meel bygooi.
Knie deeg tot glad en elasties.
Smeer ‘n bak met olie en plaas deegbal daarin. Bedek met kleefplastiek en laat rus vir 30 minute.
Plaas deegbal op ‘n met meel bestrooide werksoppervlak en rol in ‘n dik wors. Verdeel in 8 ewe groot stukke.
Smeer olie aan jou hande en vorm elke stuk sodat dit in ‘n balletjie vorm. Smeer liggies ghee oor om te verhoed dat dit uitdroog.
Rol elke balletjie met ‘n rolstok in ‘n sirkel so dun moontlik uit. Smeer rojaal met ghee sodat die hele sirkel bedek is.
Rol deegsirkel op in ‘n lang tou. Rek die tou uit terwyk dit op die werksoppervlak geslaan word sodat dit lank en rekbaar word.
Rol nou die twee punte na mekaar toe, een punt kloksgewys en die ander punt antikloksgewys om ‘n “S” te vorm. Plaas die een helfte bo-op die ander helfte. Dit lyk nou soos ‘n spiraalvormige roti-bal. Herhaal met die res. Plaas roti-balle vir 1 uur in die yskas.
Verhit groot swaarboompan op medium hitte.
Rol roti-bal uit tot die grootte van ‘n eetbord. Smeer met ghee en plaas in warm pan ghee kant na onder. Smeer ghee aan bokant en draai roti na 2 – 3 minute om. Herhaal sonder om weer ghee te smeer tot roti goudbruin bak met donker kolle op.
Plaas gaar roti op ‘n bord en frommel effens op. Dit maak dit “flakey”. Herhaal tot al die roti-balle gebak is.

Resep en foto: Pieter Opperman

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page