CARAMBA MUCHATOS NACHOS
Ek het oorskiet hoender gehad maar jy kan dit met vark, mince of beesvleis ook maak.
- 2 koppies gaar blokkies/geflokte vleis
- 1 ui, gekap
- 1 of 2 knoffelhuisies, gekap
- 1 tamatie, in blokkies gesny
- 2 rissies, gekap (of na smaak)
- 1 teelepel heel komynsade
- 1 koppie gerasperde wortel
- 1 eetlepel suiker
- 2 eetlepels asyn
- 2 eetlepels tamatiepasta
- ½ blokkie ekstrak, opgelos in 1/2 koppie kookwater (afhangende van vleis)
- 1 teelepel paprika
- 2 pakke doritos
- 1 houertjie roomkaas
- 2 koppies gerasperde cheddar
- ½ houertjie room, styf geklop
- 2 avokados, gesny in skywe
Braai ui, knoffel, komyn, rissie en wortel in margarien tot uie glasig lyk.
Voeg tamatie, ekstrak, tamatiepasta, suiker, asyn, paprika en vleis by en prut tot verdik.
Smeer bak of bakkies met margarine.
Sprei laag Doritos op die bak.
Skep helfte van die vleismengsel oor die Doritos.
Skep helfte van die roomkaas en cheddar kaas oor.
Herhaal Doritos, vleis, roomkaas en kaas.
Sit in voorverhitte oond van 230°C tot kaas gesmelt het en dit prut.
Bedien met avo, room en swartpeper.
Resep en foto: Stef Conradie