CAPRESE SLAAI
Perfek vir ‘n warm aand.
- Snytjies Provolone kaas en tamatie bedrup met basiliekruid (Tradisioneel word mozzarella gebruik maar ek hou van die ronde skyfies Provolone)
- Pesto, gemeng met ekstra olyf olie
- Eenvoudige basiliekruid pesto met suurlemoensap:
- 2 koppies basiliekruid blare
- 3 knoffeltoontjies
- 75 ml dennepitte (pine nuts)
- 75 ml Parmesan kaas, fyn of gerasper
- 45 ml olyf olie
- 45 ml suurlemoensap
- sout en peper na smaak
Sit alles behalwe olyf olie en suurlemoensap in voedselverwerker of vysel en meng tot fyn en stewige pasta met die stamper.
Giet die olyf olie en suurlemoensap by en meng goed.
Geur met sout en peper na smaak.
Hou in yskas vir paar dae.
Nota:
Basiliekruid is perfekte kruie saam met tamatie en die pesto. Kan in slaaie, saam met vleis (ek hou veral van dit saam met lam) en natuurlik deur warm pasta geroer word.
Resep en foto: Elsabie Templeton