CAPPUCINNO KOFFIEKOEKIES
Ek het hierdie koekies gebak laas week en ek wil graag die resep deel net oor hoe ongelooflik lekker dit was.
- Vir die koekies:
- 1 x 1 kg pakkie Golden Cloud Cappucinno muffin mengsel
- 3 groot eiers
- 180 ml olie
- 120 ml melk
Voorverhit oond tot 180°C. Meng al die bestanddele goed saam. Vorm balletjies (ek weeg hulle af 20 g per balletjie) en plaas op ‘n gespuite bakplaat (nie nodig om plat te druk nie).
Bak vir so 12 – 15 minute. Laat heeltemal afkoel en plak twee op mekaar vas met die volgende vulsel.
- Vulsel:
- 30 ml kits koffiepoeier
- 25 ml kookwater
- 250 ml witsuiker
- 100 ml botter of margarien
- 70 ml melk
Maak koffiepoeier met kookwater aan. Voeg suiker, botter en melk by.
Verhit tot kookpunt en kook 5 minute. Haal van hitte af en klop met ‘n houtlepel tot styf en goed koud. Smeer op koekies en plak op mekaar vas.
Vulsel resep: James Gillespie
Koekie resep en foto: Michelle van der Westhuizen