Your Recipe Blog

“CAPE MALAY” GEPEKELDE KERRIEVIS

“CAPE MALAY” GEPEKELDE KERRIEVIS

Resep en foto:  Tanya Botha
Paasfees is nie Paasfees sonder tradisionele Cape Malay Pickled Fish en hot cross buns nie. Hier is my resep. Wenner elke keer:
  • 1 kg stokvis of geelstert, in porsies gesny
  • 2 koppies koekmeel
  • 1 eetlepel borrie
  • 1 eetlepel paprika
  • sout en peper na smaak
  • 1 eetlepel garam masala of vis masala
  • Sous:
  • 1 kg uieringe, gesny
  • 500 ml bruinasyn
  • 250 ml water
  • 2 opgehoopte eetlepels borrie
  • 2 eetlepels sterk kerriepoeier
  • knippie fyn naeltjiepoeier
  • 250 ml suiker
  • 2 eetlepels appelkooskonfyt
  • 2 opgehoopte eetlepels peperkorrrels
  • 2 opgehoopte eetlepels koljanderkorrels
  • 3 of 4 lourierblare
  • sout na smaak
  • Kook uie in water tot medium sag.
  • Voeg al die bestanddele by en kook tot suiker gesmelt het, hou eenkant.
  • Vis:
  • Meng die meel en speserye, doop die visporsies in die meelmengsel en vlak braai tot goud bruin en gaar.
  • Pak die gaar vis in ‘n lugdigte houer.
  • Skep die uie-pekelsous oor die vis en bêre in yskas vir ten minste 3 tot 4 dae voor dit bedien word.
Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page