CANNELONI MET HOENDER VULSEL
- 1 pak van 250 g canneloni
- 8 hoender fillete, in klein blokkies gesny
- 1 pakkie spek, opgesny
- 3 medium uie, fyn gekerf
- 1 groen soetrissie, fyn gekerf
- 1 pakkie sampioen soppoeier, aangemaak met 1 koppie koue water
- ± 1 liter dun witsous, of meer indien nodig
- 3 koppies Cheddar kaas, gerasper
- 1 koppie Mozzarella kaas, gerasper of Mozzarela velle
Braai die uie, spek en soetrissie saam vir ‘n rukkie. Voeg die hoenderblokkies by en braai tot gaar.
Voeg aangemaakte sampioen soppoeier by en kook goed deur, voeg geurmiddels by.
Ek het net aromat en swart peper by gevoeg.
Vul al die canceloni pype met die hoendervulsel.
Neem ‘n oondbak, en spuit met nie-kleefwerende middel.
Onder in bak sit ek bietjie van my witsous, pak dan canneloni wat gevul is, in rye in bak tot die bak vol is.
Voeg witsous en die vulsel wat oorgebly het bo-oor canneloni, dan lagie kaas, weer laag witsous en laaste res van die kaas.
Bak by 180 ºC tot canneloni gaar is ± 45 min, laat effe afkoel voor bediening.
Nota:
Kan ook maalvleis vulsel gebruik. Ons kids noem dit macoroni op steroids.
Foto en Resep: Alta Gunter Van Dyk