CANNELLONI MET MAALVLEIS
- 500 g maalvleis
- 1 pakkie spek
- 1 ui
- 2 knoffelhuisies
- tamatie puree
- sout en peper
- steak en tjops spice
- mix herbs
- 250 ml room
- Bloukaas indien verkies opsioneel
- genoeg gerasperde Cheddar kaas
Sny uie, knoffel en spek lekker fyn. Braai so rukkie en sit maalvleis by, maak die vleis mooi los met ‘n vurk en braai ‘n rukkie.
Gooi tamatie puree en speserye by. Kook tot gaar. Sit eenkant en laat afkoel.
- Maak witsous van:
- 1 liter melk
- 3 eetlepels maizena
- bietjie sout en peper
- 3 eetlepels tamatiesous
Gooi bietjie melk in ‘n beker en maak maizena aan.
Kook res van melk in mikrogolfoond tot kookpunt.
Meng met mengsel in beker en sit terug in mikrogolf. Kook tot dik terwyl dit elke 1 min geroer word en hou dop, kook gou oor.
Gooi sout en peper en tamatiesous in en roer.
Samestelling van die gereg:
Voorverhit die oond by 160 ºC.
Spuit ‘n oondbak met kleefwerende middel.
Gooi ‘n houertjie room onder in die oondbak.
Skep vleismengsel in cannelloni buise en druk genoeg in. Sit op hand dat dit nie onder uitloop nie. Pak plat in die bak bo-op room totdat die bak se bodem bedek is.
Krummel so bietjie bloukaas oor die cannelloni en skep die witsous bo-oor die cannelloni.
Bak vir ¾ uur.
Sprinkel genoeg chedder kaas bo-oor en sit terug in oond vir 10 min tot kaas gesmelt is.
Resep geplaas deur Marian van Deventer
Foto: Marian van Deventer