Your Recipe Blog

CALZONES MET VARIASIE

Recipe by
Cook: 15 minute

CALZONES MET VARIASIE

Ons het saam met my seuntjie die een dag weer Wonder Park sit en kyk en die beer praat toe van calzones. Ek was baie nuuskierig om uit te vind wat dit is en Google toe. Ek het dan so paar resepte wat ek in die hande gekry het, gekombineer en my eie calzones daarvan gemaak. Is glad nie spyt gewees nie. Hierdie is ‘n definitiewe treffer!

(Pizza wat in die helfte gevou word met vulsel binne, voor dit gaar gemaak word)

  • Pizza deeg:
  • 3¾ koppies koekmeel
  • 1 teelepel suiker
  • 2 teelepels sout
  • 1 pakkie gitsgis (10 g)
  • 2 eetlepels olyfolie
  • 1½ koppies louwarm water
  • Vulsel:
  • 1 klein bakkie/blikkie tamatie puree
  • 1 koppie spinasie, opgesny
  • 125 g sampioene, opgesny
  • 200 g pakkie spek blokkies
  • gerasperde kaas
  • sout en peper na smaak

Om die pizza deeg te maak, voeg al die droë bestanddele saam in ‘n bak en meng goed deur. Voeg olie en louwarm water by en meng dat ‘n deeg vorm. Knie die deeg goed tot al die bestanddele goed gemeng is en jy ‘n lekker elastiese deeg het. Laat rys vir 1-2 ure of todat die deeg verdubbel het in grootte.
Maak spinasie, sampioene en spek gaar en voeg sout en peper by. Los om af te koel vir so 15 – 30 min, sodat dit nie die deeg opwarm en laat skeur nie.
Verhit die oond tot  220°C. Sny deeg in 8 eweredige stukke en rol in balle. Rol dan plat met ‘n koek roller op ‘n kombuis blad wat liggies gestrooi is met meel. Maak seker jy rol die deeg groot genoeg uit vir vulsel om op te kan pas. Smeer ‘n sirkel tamatie puree in die middel van die uit gerolde deeg. Skep dan so ongeveer 2 eetlepels vulsel uit op die tamatie puree in die middel van jou sirkel en strooi kaas oor. Vou die deeg in die helfte toe, smeer rand met eiermengsel en vou dan die rand om. Druk met ‘n vurk dat die rand mooi kan seël. Maak paar lug gate bo in die calzones en verf met eiermengsel.

Pak calzones uit op ‘n gesmeerde bak plaat en sit in die oond vir so 15 min om gaar te word.

Variasie vir ‘n soet S’mores Calzones:

  • Vulsel:
  • Sjokolade smeer (Of paar blokkies sjokolade)
  • pak malvalekkers, opgesny in kwarte
  • Tennis-/Marie-beskuitjies
  • geklitste eier

Sny 3 malvalekkers op in 4 stukke elk, vir elke calzone. Sny deeg in 8 eweredige stukke en rol in balle. Rol plat met ‘n koek roller op ‘n kombuis blad wat liggies gestrooi is met meel.
Maak seker jy rol die deeg groot genoeg uit vir die s’moresvulsel om op te kan pas.
Smeer sjokolade oor helfte van die uit gerolde deeg, maar los die rand oop. Plaas dan 2 van die malvalekkers (op gesny in 4 dele elk) op die sjokolade smeer in jou sirkel en breek een Tennis-/Marie-beskuitjie oor. Vou die deeg in die helfte toe, smeer rand met eiermengsel en vou die rand om. Druk met ‘n vurk dat die rand mooi kan seël. Maak paar luggate bo in die calzones en verf met eiermengsel.

Pak calzones uit op ‘n gesmeerde bak plaat en sit in die oond vir so 10 min of dan tot bruin.
Sny calzones in die helfte en druk dan die ander malvelekkers (in 4 stukke gesny) binne die helftes van die warm calzone om die wat gesmelt het, net weer op te vul. Geniet!

PS: Ek het malvalekkers fyner op gesny, maar hul smelt gou in die oond so sal aanbeveel dat hul in kwarte of net helftes gesny word. Jy kan egter meer koekies en malvalekkers ook gebruik.

Foto en resep: Chantal Theron

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page