Your Recipe Blog

CALAMARI VOORGEREG OP DIE KOLE

CALAMARI VOORGEREG OP DIE KOLE

“Ek het gistraant hierdie oudurfie in my rooi pannetjie oppie kole gebak en dit was baaaie lekker. Eet hierdie oudurfie liefs met ‘n vurkie of stokkies en nie met jou vingers nie. Dit is so lekker dat ‘n vingerpunt in die slag kan bly.”

  • 200 g ontdooide calamari strokies, afgedroog met handdoekpapier
  • olie, vir bak
  • Beslag:
  • 1 eetlepel suiker
  • 1 eetlepel botter
  • 1 eier
  • knippie sout
  • 1 koppie koekmeel
  • 80 – 100 ml melk
  • 1 teelepel bakpoeier
  • Doopsous:
  • 2 eetlepels mayonnaise
  • 1 teelepel suiker, of na smaak
  • 1 eetlepel soetrissiesous
  • 2 teelepels fyn knoffel
  • ½ teelepel rissievlokkies

Vir die beslag, smelt die suiker en botter saam.
Klits die eier daarby, asook die sout.
Voeg die koekmeel by en meng goed, terwyl die melk geleidelik bygevoeg word.
Die beslag moet redelik vloeibaar wees, maar nie te loperig nie.
Meng/klits die beslag tot ‘n gladde mengsel gevorm is.
Voeg die bakpoeier by en meng goed.
Doop die calamari in die beslag en bak dit in warm olie totdat dit mooi goudbruin is.
Skep die calamari uit op dreineerpapier.
Meng al die doopsous bestanddele saam en dien op.

Resep en foto: Gideon Louw

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page