Your Recipe Blog

CAL CEANNAN  (WITKOOLBREDIE) 

CAL CEANNAN  (WITKOOLBREDIE)

Ek het gedink dit is gepas om op die spokerige aand van 31 Oktober, bekend in Ierland en Skotland as “Samhain” of ‘Somerseinde’, ‘n tradisionele Ierse gereg genaamd cal ceannan saam met beesstert te bedien. Dit is baie soos onse eie boereboontjies, behalwe dat daar ruim room en gebraaide koolsnysels bygevoeg word (en sonder groenbone, natuurlik).

So kom ons vermeng die resepkulture!

  • Cal Ceannan en Boereboontjies kruising
  • ongeveer 1 kg aartappels
  • ongeveer 300 g groenbone
  • 500 g gekapte kool (die groener, jonges is beste)
  • 1 koppie room
  • 1 eetlepel/klont botter
  • sout en witpeper na smaak

Kook die gehalveerde moere en gekapte boontjies in ‘n pot soutwater tot sag, maar nie pap nie. Braai intussen die koolsnysels in botter met sout en peper, tot dit plek-plek bruin word.
Giet die water af en meng die aartappels en bone goed deur met die plaat op sy laagste. As die aartappels begin verkrummel, is die saak reg.
Voeg die room en ‘n klont botter by en meng geredelik deur die aartappel-en-boonmengsel. Gebruik dan ‘n stamper om die mengsel tot ‘n rowwe “mash” te stamp.

Gebruik ‘n vurk of lepel en meng nou die koolsnysels by jou aartappel-en-boon “mash”.
Sout en peper na smaak. Moenie te veel room of botter byvoeg nie, netnou het jy ‘n loperige storie.

Siedaar, ‘n tradisionele Afrikaanse en Ierse gereg vat mooi hande! Bedien met ryk bredie soos beesstert, skaapbredie of selfs hoenderkerrie.

Resep en foto: Frederick Rudolph van Dyk

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page