CAJUN KEKERERTJIESLAAI
- 1 blik kekerertjies in water, dreineer en druk goed droog
- 1 eetlepel koekmeel
- 2 eetlepels cajun speserye
- olie vir braai
Plaas kekerertjies in ‘n ziplock sakkie saam met die koekmeel en die cajun speserye. Meng deeglik deur. Braai kekerertjies in ‘n paar lepels olie tot effe kraakerig.
- Slaai – Hoeveelheid na smaak:
- gemengde blaarslaai (leafy greens)
- verskeidenheid babatamaties
- komkommer, opgesny
- rooi of wit ui
- Feta
- olywe
- avo
- sap van ‘n halwe suurlemoen
- 2 eetlepels ongegeurde jogurt
Rangskik die bogenoemde bestanddele in ‘n slaaibord.
Plaas die gebraaide cajun kekerertjies ook in die bord.
Meng die ongegeurde jogurt met die suurlemoensap en drip oor slaai.
Nota: Ons eet dit as ‘n hoof maaltyd nie as ‘n bykos.
Resep en foto: Michelle Bekker