BYBELSE ETE VIR DIE PAASTYD
Ina van Heerden
Soos versoek deur Rina KleInhans plaas ek die Spyskaart vir die Bybelse ete.
Exodus 20: “…. ons wil ‘n fees vir die Here hou”
PEUSELHAPPIES:
Neute en amandels as geskenk aan Josef.
“… neem van die opbrengs van die land in julle sakke en bring vir die man ‘n geskenk… neute en amandels” Gen. 43:11
Dadels uit die liefdesliedere van Hooglied. Hooglied 5:10-11
Rosyne en vye van Abigail aan Dawid geskenk. 1 Sam 25:18
VOORGEREG:
Esau se lensiesop met Iehem (brood)
Gen 26:34
HOOFGEREG:
Kwartel vleis uit die woestyn Sin. Exodus 16:13
Skaapvleis van Nabal se boerdery in Karmel. 1 Sam 25:2
Koring uit Boas se land. Rut 2:14
Boontjies uit Dawid se voorraad. Rut 2:14
OASE SLAAI:
Komkommers uit Egipte. Numerie 11:5
Olywe uit die weduwee se mandjie. Deut. 24:20
Eiers wat ‘n vader aan sy seun gee. Lukas 11:12
Preie en uie waarna die Israeliete verlang.
NAGEREG :
Heuningkoek gemaak van Simon se heuning. Rigters 14:9
Dadelkoek berei van dadels vir die regverdige. Ps 92 : 13
VRUGTE IN ‘N MANDJIE:
Vrugte soos wat due Here vir Amos in ‘n gesig laat sien het. Amos 8:1
IETS TE DRINKE:
Melk uit die land van melk en heuning. Gen 18:8
Vrugtedrank gemaak van die vrug gemaak van die wynstok en die somervrugte. Markus 14:25
Koffie en tee as ‘n moderne nagedagte.
Geniet die ete
Elsabe Snyman
VOORGEREG (oftewel die aptytwekker):
Blaarslaai en sterk prei. (die Romeine het geglo dit is ‘n goeie lakseermiddel).
Tuna (of ander vis) wat met gekerfde eiers versier is. (Eiers was altyd deel van die voorgereg).
HOOFGEREG:
Gekookte koolblare (as groente) is op ‘n swart bord voorgesit.
‘n Klein worsie of (klein) stukkie gekookte vleis is op ‘n growwe tipe hawer, verwerkte koring of iets soos couscous opgedien. (Vleis is gewoonlik bokant die vuur aan die dakbalke opgehang. So is dit gerook en het dit langer gehou).
Wit boontjies is gaargemaak
NAGEREG:
Vrugte soos druiwe, pere, appels.
Warmgemaakte neute.
As gedroogde vye, pruime of dadels beskikbaar was, is dit ook aangebied.
Foto geleen by NG Kerk Somerset Wes