Your Recipe Blog

BURGER PATTIES

BURGER PATTIES

Maak jou eie burger patties sonder koekmeel, eiers of bindmiddel. Hierdie is 100% Beef Burger Patties wat ek vanmiddag gou gemaak het. Geheim – vleis wat gevries was bind nie meer lekker nie. Vleis moet vars wees. Ek probeer self maal en gebruik ook nie off cuts nie. Koop vir jou ‘n stuk top side of rump steak en staan en kyk as hulle dit vir jou maal of maal self. 80/20 of 70/30. Die /20 of /30 is persentasie vet in die vleis. Ook baie lekker as jy vark by maal maar hierdie vandag is 100% bees.

  • 1 kg maalvleis
  • 17 g medium sout ( ongeveer 3 teelepels)
  • 10 g koljander (ongeveer 2.5 teelepels)
  • 1 g gerasperde neutmuskaat (ongeveer ½ teelepel)
  • 1 g naeltjies (ongeveer ½ teelepel)
  • 1 g varsgemaalde swartpeper ( ongeveer ½ teelepel)
  • 40 ml yswater

Meng al die speserye saam. Meng nou speserye met vleis. Voeg die yswater by en meng goed.

As jy iemand in die huis het wat bereid is om so te proe, kan jy laat proe en seker maak speserye is reg. Ek gooi volgens smaak partykeer sommer braai speserye by, maar dan moet jy die sout verminder.

Laat staan vir so 4 ure sodat speserye mooi kan intrek.

Ek maak bolletjies van 100 of 120 gram en druk dan plat met ‘n pattie drukker.

Die rede vir die koekmeel op die blad is maar om te keer dat die vleis nie gaan vassit op die blad. As jy van daai ronde burger plastiek sirkels kry om onder en bo te sit, werk dit baie goed.
Gewoonlik maak ek 5 of 10 kg en jy kan die patties dan vries na jy dit gemaak het.
Sit net daai plastiek lagie tussen die patties as jy opmekaar gaan pak om te vries.

Gereed om burgers te maak.

Resep en foto: Koos van der Merwe

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page