Your Recipe Blog

BURGER-DOG OP DIE KOLE

Cook: 10 - 15 minute

BURGER-DOG OP DIE KOLE

Hoeveelhede volgens die hoeveelheid persone wat bedien word.

  • maalvleis
  • spek repies
  • kaas in vingers gesny
  • broodrolletjies

Neem die maalvleis en geur dit met sout, peper en knoffel, of soos jy verkies en meng dit deeglik met die hand.
Neem ‘n gedeelte van die maalvleis, so groot soos verkies en druk dit in ‘n dikkerige plat langwerpige skyf.
Plaas ‘n reep kaas bo-op die platgedrukte vleis en bedek dit met nog ‘n platgedrukte skyf maalvleis.
Vorm dit in ‘n wors vorm en bedek die maalvleisrol met die repies spek.
Braai die toegevoude maalvleis oor medium kole vir ongeveer 10 tot 15 minute aan ‘n kant, totdat die kaas begin smelt en die spek goudbruin en bros raak.
Plaas die gaar vleisrolletjie op ‘n broodrolletjie.
Voeg vulsels van eie keuse bo-op die vleisrol en geniet.
Morsige ete, maar heerlik.

Nota:
Idees vir vulsels – Fyn avokado, ongegeurde Griekse jogurt, fyngekapte uie en tamatie, blaarslaai, gerasperde kaas, mayonnaise, uie marmalade, ens.

Resep en fotos: Lené Samantha Webb

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page