BRUISMEEL KONDENSMELKBESKUIT
Resep: Carol Elliott Claassen
Foto’s: Rita van Zyl
Foto 3: Johan Westenberg – gebak sonder die anys
- 1.5 kg bruismeel
- 250 g margarien
- 200 g suiker (250 ml)
- 1 blik kondensmelk (397 g)
- 10 ml sout
- 1.5 – 2 kondensmelkblikke water (of meer)
- 15 ml anys
- Sif droë bestanddele goed saam. Voeg anys by en meng.
- Vryf margarien met vingers in tot die meel soos broodkrummels lyk.
- Maak ‘n holte in die middel van die mengsel en meng die kondensmelk en water en meng by die meel.
- Meng goed om stywe deeg te vorm.
- Maak bolletjies en plaas in gesmeerde pan.
- Bak in oond van 180°C vir 1 uur. Haal uit en laat afkoel, verdeel en droog in louwarm oond.
- Nota: Anne Kotzé
Ek het in elk geval 2 eiers bygesit en beskuit het pragtig gebak en dit smaak voortreflik.
Category:



