BRUISMEEL BESKUIT MET KERSIES
Bietjie iets anders probeer gister en die resultaat is baie lekker!
- 1 kg bruismeel plus nog 250 ml
- 15 ml bakpoeier
- 5 ml sout
- 500 g margarien, gesmelt
- 375 ml suiker
- 500 ml karringmelk
- 3 eiers nie so groot
- ‘n hele klompie kersies, gesny en bygevoeg
- 2 koppies Allbran, fyner gerol
- 2 koppies Cornflakes, fyner gemaak (het nie genoeg Allbran gehad nie)
- 1 koppie neute (pekan), gekap
Meng al die bestanddele goed saam, druk plat in voorbereide panne en bak teen 180°C vir 50 minute. Wanneer gaar, keer uit en laat afkoel. Sny in beskuite as jy ‘n gewone pan gebruik het, of as jy die snyers gebruik het, sny die beskuite los en pak op die oond roosters om te droog.
Droog vir 10 uur teen 75°C tot goed droog.
Resep en foto’s: Marie Grobler