Your Recipe Blog

BRUINSOUSPOEIER BÊREMENGSEL

BRUINSOUSPOEIER BÊREMENGSEL

“Hierdie poeier kan jy gebruik om ‘n lekker bruinsous vir jou mash, rys of pap te maak of om bredies of kerrie te verdik. Geniet!”

  • Vir die poeier:
  • 2 standaardgrootte pakkies ‘hearty beef stew’ poeier (koop dit by enige supermark)
  • 2 standaardgrootte pakkies ‘savoury instant gravy’ (koop dit by enige supermark)
  • 1 (400 g) pakkie ‘Knorrox soup oxtail flavour’ soppoeier
  • Vir die aanmaak van die sous:
  • 1 groterige ui
  • sous van die wors of vleis se uitgebraaide vet
  • 500 ml kookwater
  • 3 – 4 opgehoopte eetlepels souspoeier
  • louwater
  • 10 ml Worcestershire sous
  • 10 ml tamatiesous of tamatiepasta
  • sout en peper, na smaak

Vir die poeier:
Meng al die poeier bestanddele saam. Stoor die mengsel in ‘n lugdigte houer.

Vir die aanmaak van die sous:
Braai die ui in die wors of vleis se vet tot bruin. Voeg die 500 ml kookwater by die uie. Skep die souspoeier in ‘n koppie en maak dit aan met die louwater. Voeg die aangemaakte poeiermengsel by die gebraaide uie. Voeg die worcestershiresous en tamatiesous of tamatiepasta by. Geur met sout en peper. Kook op stadige hitte tot sous verdik.

Resep en foto: Heleen Brümmer Nel

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page