BRUINPOEDING MET NEUTE EN VRUGTEKOEKMENGSEL
Met die dae en nagte wat nou koeler raak, is dit net reg om met ‘n heerlike poeding af te skop.
Bruinpoeding met neute en vrugtekoekmengsel. Daar kom eintlik dadels in, maar die het ek nie.
- 1 ½ koppie vrugtekoekmengsel
- 1 teelepel koeksoda
- 1 koppie kookwater
- 2 eiers, geklits
- ½ koppie botter
- 1 koppie suiker
- 1 teelepel vanilla geursel
- 2 koppies koekmeel
- 2 teelepels bakpoeier
- ‘n knippie sout
- ¼ koppie gekapte neute
- Sous:
- 1 koppie suiker
- 1 teelepel botter
- 1 koppie water
- 1 koppie sterk getrekte rooibostee
Los die koeksoda in die kookwater op en voeg by vrugtekoekmengsel. Laat afkoel.
Voeg die geklitste eiers by en meng goed.
Room die suiker en botter saam en voeg die vanilla by.
Sif die droë bestanddele saam en voeg die vrugtekoek-en bottermengsel om die beurt by.
Roer die neute by en meng goed.
Skep die beslag in ‘n gesmeerde oondbak van 38 x 23 cm en bak in ‘n voorverhitte oond van 190°C tot gaar en ‘n toetspen skoon uitkom.
Meng al die sous bestanddele in ‘n kastrol en kook vir 5 minute.
Haal die poeding uit die oond en giet die sous oor die poeding.
Bedien met vla of styfgeklopte room.

Wenk:
As jy die poeding ‘n bietjie skop wil gee, vervang die koppie tee met ‘n ½ koppie brandwyn.
Resep en foto: Louisa Rossouw Hollenbach
Category: