Your Recipe Blog

BRUIN SUURDEEGBROOD

Recipe by
Cook: ongeveer 1 uur

BRUIN SUURDEEGBROOD

Stefaans se suurdeeg plantjie:
DAG 1:
50 g water
50 g bruinbroodmeel
Plaas bogenoemde in ‘n glas bottel, meng goed deur met ‘n vurk. Maak die mengsel toe met ‘n vadoek en sit eenkant tot môre.

DAG 2 en 3:
50 g water
50 g bruinbroodmeel
Voeg by plantjie van gister. Meng goed deur met ‘n vurk. Maak toe met ‘n vadoek en sit eenkant tot môre.

DAG 4:
100 g water
100 g bruinbroodmeel
Voeg by die plantjie van gister. Meng goed deur met ‘n vurk. Maak toe met ‘n vadoek en sit eenkant vir môre.

DAG 5:
150 g water
150 g bruinbroodmeel
Voeg by die plantjie van gister. Meng goed deur met ‘n vurk. Maak toe met ‘n vadoek en sit eenkant vir môre.

DAG 6:
200 g water
200 g bruinbroodmeel
Voeg by die plantjie van gister. Meng goed deur met ‘n vurk. Die plantjie behoort nou reg te wees om te begin bak.

  • Brood: (Mens kan die resep in 2 deel ook)
  • 320 g plantjie
  • 460 g water
  • 20 g sout
  • 800 g bruinbroodmeel

Sit die plantjie en water in ‘n skottel en meng deur. Voeg die sout by. Voeg die bruinbroodmeel by en werk goed deur.
Voeg weer 200 g water en 200 g bruinbroodmeel by res van die plantjie en sit eenkant.
Smeer jou hande met bietjie vet en knie nou die mengsel in die skottel baie goed vir ongeveer 10 minute. Maak toe en laat rys vir 3 ure. (Vermeerder met ± ⅓).
Keer deeg uit op meelbestrooide oppervlak.
Knie nou weer goed deur en sit in broodpan. Laat nou weer rys vir 3½ ure. (Jy laat dit rys vir so 3 ure, as dit baie koud is, laat rys ek dit sommer oornag, die broodjie is maklik, en kan ook in die yskas geplaas word oornag, as jy nie vandag klaarkry daarmee nie,)
Sit nou ‘n pannetjie met kookwater saam met die brood in die oond en bak vir ± 1 uur teen 200ºC.

Nota:
Ek bak deesdae nie meer in ‘n broodpan nie, maar eerder so ” Vloerbrood” op sy beste.

Resep en foto: Stefaans Blaauw

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page