BRUIN PIESANGBROOD
- 125 ml botter of margarien (saggemaak)
- 200 ml strooisuiker
- 2 groot eiers
- 500 ml bruinbroodmeel
- 10 ml bakpoeier
- 1 ml sout
- 4 ryp piesangs, fyngedruk
Stel die oond op 180°C.
Bespuit ‘n broodpan (22 x 11 x 7 cm) goed met kleefwerende kossproei.
Klits die botter en suiker goed saam.
Voeg die eiers een vir een by en klits goed na elke byvoeging.
Sif die meel, bakpoeier en sout saam en voeg by die bottermengsel.
Meng dit deur.
Voeg die piesangs by en meng goed deur.
Skep in die broodpan en bak 60 minute lank of tot toetspen skoon uitkom.
Laat afkoel en keer uit.
Resep en foto: Amanda Austen