Your Recipe Blog

BRUIN HEUNING BESKUIT

BRUIN HEUNING BESKUIT

Foto en resep: Kyle Jensen

  • 500 g bruinmeel (sien notas)
  • 125 g botter
  • 200 g heuning
  • 250 ml karringmelk/ongegeurde jogurt
  • 1 eier
  • 1 teelepel sout
  • 2.5 teelepels bakpoeier
  • 1 gelyk teelepel koeksoda
  • 50 g neute en sade (net soos jy verkies)
  • In een bak, plaas al die droë bestanddele.
  • Meng die eier en karringmelk saam in ‘n ander houer.
  • In ‘n ander bak, smelt die botter en heuning (moet nie kook nie).
  • Voeg die karringmelkmengsel by die heuningmengsel.
  • Voeg alles dan by droë bestanddele and meng goed.
  • Skep die slap deeg in ‘n gesmeerde oondpan.
  • Bak vir 180°C (160 ºC in konveksie oond) vir 35 – 40 minute.
  • Sny beskuite soos verlang en droog in oond teen 110°C tot droog.
  • As jy ‘n konveksie oond het, druk ‘n houtlepel in die oond deur sodat die vog kan ontsnap.
  • Notas:
  • Gebruik ‘n groter pan as gewoonlik, sodat dit platter kan wees en nie so baie hoef te bak nie. (32 blokkies)
    I used a standard size baking tray – A4 size. It all depends on how big you want these rusks. As it’s so filling I made it more into bite size, rather than traditional big chunks.
    Die mengsel is loperig so moenie bekommerd wees nie.
    Koeksoda – maak dit lekker bruin en rys dan nie so baie nie.

Wat is bruinmeel: Alta de Wet – Volgens Google:
Malted wheatgrain – This is brown or wholemeal flour with added malted grains. Ek sal volkoring meel gebruik.
Kyle Jensen:
Alta dit sal werk. Probeer en laat ons weet. Ek het baie keer verskillende mele oor, so maak variasies.

 

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page