Your Recipe Blog

BROWNIES MET NEUTE

Recipe by
Cook: 25 - 30 Minute

BROWNIES MET NEUTE

Hier is ‘n bobaas resep vir brownies. As jy een van daai draad “whisks” het, gebruik hom. Andersins sal ‘n houtlepel werk – hy gaan net ‘n bietjie meer moeite vat.

  • 85 g botter
  • 200 g donker sjokolade, fyn gekap
  • 150 ml suiker
  • 5 ml vanilla geursel
  • 2 groot eiers, kamertemperatuur
  • 55 ml koekmeel
  • 225 ml neute (okker, pekan, amandel of hazel neute) gerooster en grof gekap

Om neute te rooster: Verhit die oond tot 180 ºC.
Versprei die neute in ‘n oondpan en bak in die oond vir so 10 – 15 minute totdat hulle begin geurig ruik. Haal uit die oond en laat afkoel.
Hou die oond aan by 180 ºC. Voer ‘n 20-cm vierkantige bak met bakpapier uit. Laat die papier bokant die kante van die bak uitsteek.
Spuit die papier met Spray-‘n-Cook.
Smelt die botter in ‘n pot oor matige hitte. Voeg die sjokolade by en klits met die hand totdat die sjokolade gesmelt is. Haal die pot van die stoof af, voeg die suiker en vanilla by en klits saam.
Klits die eiers en voeg een op ‘n slag by terwyl jy aanmekaar roer.
Voeg die meel by en klits totdat die beslag glad en glansig lyk.
Dit sal so 1 – 2 minute neem.
Roer die neute by. Skep die beslag in die oondbak en plaas in die oond.
Bak vir 25 – 30 minute totdat die middel amper geset is.
Moenie langer as 30 minute bak nie – dit sal die brownies uitdroog.
Verkoel die brownies op ‘n draad rakkie. Gebruik die papier kante om die brownies uit die bak te lig.

Sny in blokkies en geniet!

Resep en foto: Debbie Edwards

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5