Your Recipe Blog

BROSKOEKIES / SHORT BREAD

Cook: 30 - 40 minute | Servings: +- 150 koekies

BROSKOEKIES / SHORT BREAD

Dis regtig die maklikste en beste resep, heerlike koekies.

  • 5 x 250 ml koekmeel
  • 250 ml strooisuiker
  • 500 g Keur botter by kamertemperatuur (ek het Stork Bake gebruik)
  • knippie sout

Voorverhit die oond tot 160ºC of waaier-oond tot 150ºC, onthou alle oonde se termostaat is nie dieselfde nie, plaas ‘n los thermometer in jou oond om seker te maak en pas aan.
Sif die suiker en meel net 1 x in ‘n groot mengbak.
Verdeel die botter en voeg een porsie botter by die meelmengsel en werk dit in die meel met jou vingers.
Die rede vir die verdeling van die botter is om die inwerk daarvan te vergemaklik.
Lig die bestanddele gedurig soos jy die botter inwerk met jou vingers, werk nou die 2de helfde botter ook in.
Versprei die deeg in ‘n ongesmeerde koekiepan (voorgestelde grootte 26 x 38 x 3 cm) en druk stewig vas.
Prik gaatjies in die deeg met ‘n vurk in rye, so ongeveer 1 cm uitmekaar.
Bak die deeg in die voorverhitte oond vir 30 – 40 minute.
Verwyder die pan uit die oond en sprinkel strooisuiker egalig oor.
Sny die brosbrood in vierkante terwyl dit nog warm is.

Notas:
Foto 1, Marie Fourie – Ek het ± 150 koekies uitgekry. Ek meet die vingertjies af met ‘n klein mosterd blikkie se onderkant en dan is al die vingertjies ewe groot en lyk mooi op ‘n bord of in verpakking.
Foto 2, Bianca Carelse – Ek het bietjie minder meel (4.5 koppies) gebruik en dit deur ‘n spuitsak gedruk op die bakplaat.

Resep: Tannie Lili Dreyer

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page