BROSBROOD MET ROSYNE
- Brosbrood:
- 230 g botter
- 140 ml suiker
- 500 ml koekmeel
- 10 ml bakpoeier
- 15 ml gouestroop
- 250 ml pitlose rosyne
- Versiersel:
- 30 ml warmwater
- 10 ml koffiepoeier
- 5 ml botter
- 375 ml versiersuiker, gesif
Voorverhit die oond tot 180ºC.
Spuit ‘n oondbak met kleefwerende kossproei.
Verroom die botter en suiker in ‘n mengbak tot lig en donsig.
Sif die koekmeel en bakpoeier saam en voeg saam met die res van die brosbrood bestanddele by die bottermengsel en meng die mengsel goed deur.
Druk die deeg vas in die voorbereide oondbak.
Bak die brosbrood ongeveer 30 minute in die voorverhitte oond tot gaar en ‘n ligte strooikleur.
Berei intussen die versiersel.
Voeg die koffiepoeier en botter by die warmwater en roer totdat die koffie opgelos en botter gesmelt is. Meng die koffie mengsel met die versiersuiker tot ‘n smeerbare pasta vorm (voeg klein bietjie water by indien nodig).
Wanneer die brosbrood uit die oond kom laat dit vir 5 min afkoel.
Smeer die versiersel bo-op die brosbrood. Sny in blokkies en laat dit heeltemal afkoel in die pannetjie.
Bêre die brosbrood in ‘n lugdigte houer.
Resep en foto: Amanda Austen