Your Recipe Blog

BROSBROOD KOEKIES

Recipe by
| Servings: ongeveer 32 koekies

BROSBROOD KOEKIES

Hierdie is my kleindogter se gunsteling. Ek het die resep van af die internet gekry, maar het dit so bietjie aangepas, want die beslag was droog en ek het bietjie water bygevoeg.

  • 500 g sagte botter
  • 300 ml strooisuiker
  • 4 koppies koekmeel, gesif
  • 2 koppies mielieblom, gesif
  • bietjie water indien die deeg droog is
  • strooisuiker om bo-oor te sif

Voorverhit  die oond tot 160°C.
Klop die botter en strooisuiker saam tot lig en romerig.
Voeg die koekmeel en mielieblom by en meng tot ‘n deeg.
Indien die deeg te droog is, sit bietjie water bietjie’s gewys by tot die deeg reg is vir uitrol. Pasop vir teveel, dan is die deeg te slap.
Druk die deeg plat op ‘n voorbereide oppervlak.
Druk koekies uit en plaas in ‘n gesmeerde bakplaat.
Bak vir ongeveer 15 – 20 min of tot koekies gaar is.
Of
Druk die deeg plat in ‘n voorbereide bakplaat.
Bak ongeveer 45 minute tot ‘n uur lank.
Sny in vierkante wanneer dit uit die oond kom.
Haal uit die oond en sif strooisuiker bo-oor.

Resep getoets en foto: Louisa Rossouw Hollenbach

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page