Your Recipe Blog

BROODSISTERS

BROODSISTERS

Ek het altyd die broodsister’s gemaak vir my kinders toe hulle nog in die huis was.
Nou vir my kleinkinder’s maar glo my, my kinder’s nog steeds mal daaroor!
Ons het altyd brood wat oorbly, so ons mag nie mors nie!

Neem snye brood en sny die korsies af.
Sny dan in dik repe, van ‘n halwe duim ongeveer soos op die foto.
Braai in diep olie, tot mooi bruin.
Dreineer op papier.
Kook in ‘n ander pot die volgende stroop.

  • Stroop:
  • 4 koppies suiker
  • 1½ koppies water
  • ½ teelepel kremetart
  • ½ teelepel fyn gemmer
  • 1 teelepel vanilla geursel

Roer die suiker en water tot op lae hitte tot die suiker opgelos is.
Voeg die kremetart, gemmer, kaneel en vanilla geursel by.
Laat dit net so vir 5 min goed deur kook, maar roer dit gedurig.
Haal af en laat net effens afkoel.
Doop die gebraaide broodjie-repe (nie alles op een slag nie) in die stroop soos met koeksisters.
Pak in ‘n bak en sit in die yskas.
Bedien lekker koud.

Nota:
Die stroop is genoeg vir omtrent 5 tot 6 dosyn broodjies.

Resep en foto: Verna Parker

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page