BROODSAMBREELTJIES
Ek’t vir voor die braai hierdie broodsambreeltjies gemaak.
- snytjies brood (hang af van hoeveelheid sambreeltjies jy wil maak)
- soetrissiesous
- kaas, in lang repies gesny
- 1 of 2 ham skyfies of salami wieletjies per sambreeltjie
Sny die korsies af en rol die snytjies plat met ‘n koekroller.
Vou die snytjies oorhoeks en hou die twee gesnyde punte oormekaar.
Druk die punte lekker styf vas.
Droog die sambreeltjies in die oond of oor die kole uit tot lekker “krisp” deur hulle regop te laat staan.
Sodra koud, smeer dan ‘n bietjie soetrissiesous aan die binnekant.
Plaas ‘n stukkie kaas onderin gevolg deur een of twee stukkies opgerolde ham skyfies of salami wieletjies wat opgerol is.
Plaas ‘n stukkie of twee gesnyde tamarie bo-op.
Geniet saam met roomkaas. Jy kan enige vulsel in die sambreeltjie sit.
Resep en foto: Gideon Louw