Your Recipe Blog

BROODROLLETJIES MET FYN AARTAPPELS

BROODROLLETJIES MET FYN AARTAPPELS

Het vandag broodrolletjies probeer maak.
Die resep maak 30-36 rolletjie en dit is Tannie sus Dreyer se resep wat ek gebruik het.

  • 1 koekie gis of 2 – 3 teelepels droë gis
  • 1 koppie melk
  • 1 koppie water
  • 125 g margarien
  • 1 koppie vars gekookte, fyngemaakte aartappels
  • 2 eiers
  • 1 teelepel sout
  • 1 desert lepel suiker (12.5 ml)
  • 4-5 koppies koekmeel

Kook aartappels en druk fyn.
Verhit water tot lou warm en meng ½ koppie water met gis en suiker, laat rys.
Verhit melk en margarien, voeg sout by.
Klits die eiers en voeg dit by die melkmengsel, asook die ½ koppie water wat oor is en die fyn aartappels.
Voeg die melk en aartappelmengsel asook die gis mengsel by die meel en knie effens, totdat alles goed gemeng is.
Plaas in ‘n toe houer in die yskas totdat dit benodig word.

Indien dadelik benodig.

Laat rys tot dubbel die volume, knie af, vorm balletjies soos beskuit, plaas in panne, laat weer rys tot dubbel die volume en bak vir 25 – 30 min teen 180ºC.

Meng 2 eetlepels melk met 3 eetlepels suiker en smeer bo-oor die broodjies sodra dit uit die oond kom.

Resep geplaas deur:  Nicolette Van Jaarsveld
Foto: Nicolette Van Jaarsveld

3 Reviews

  1. Kitikat

    Het iemand dit al getoets? Klink vir my na baie vloeistof vir net 5 kop meel.

    • Die foto is van Nicolette Van Jaarsveld wat dit gebak het so ons kan haar maar vra, maar begin maar met minder, en voeg by tot jy voel dit is reg, ek gaan haar vra op die groep en sal jou tag Kitikat.

    • Hier is die antwoord
      Nicolette Van Jaarsveld Rina Kleinhans ek het dit nie aan gepas nie, as ek reg onthou gebruik mens half kop lou water om die gis mee aan te maak en dan die res van die vloeistof vir die deeg, ek wel bietjie extra meel gebruik as die deeg dalk ‘n bietjie taai was om te knie maar nie veel meer nie. Hoop dit help

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page