Your Recipe Blog

BROODRING VAN GEKOOPTE DEEG

Recipe by
Cook: 1 uur | Servings: 1 brood

BROODRING VAN GEKOOPTE DEEG

  • 1 pak gekoopte brooddeeg
  • tamaties, gekap
  • uie, gekap
  • sampioene, gekap
  • soetrissie, opgesny
  • songedroogde tamaties, opgekap
  • kruie en speserye na smaak
  • Fetakaas
  • Cheddar kaas

Voeg die tamaties, uie, sampioene, soetrissie en songedroogde tamaties in ‘n potjie en braai dit stadig saam totdat ‘n smoor vorm.
Voeg kruie en speserye na smaak by, verwyder van die hitte en laat afkoel.
Neem die brooddeeg, rol dit langwerpig uit met ‘n koekroller op ‘n meelbestrooide oppervlak.
Smeer die afgekoelde smoor op die deeg, krummel lekker dik Fetakaas op en rol die gevulde deeg in die lente op.
Plaas die opgerolde deeg in ‘n voorafbereide ringpan en druk die punte mooi aanmekaar vas, strooi die Cheddar kaas oor die deeg en bak in ‘n voorafverhitte oond teen 180 ºC vir ongeveer 1 uur.

Resep en foto: Rina Kleinhans

Category:

One Review

  1. Lyzette

    Lyk baie lekker gaan beslis maak. Dankie

    Star

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page