Your Recipe Blog

BROODMASJIEN BROOD

Avatar photo
Recipe by
| Servings: 6 persons

BROODMASJIEN BROOD

Ek het ‘n Kenwood broodmasjien waarvan die boekie resepte ook nie so lekker werk nie. Ek het egter by verskeie ander broodmasjien eienaars hul boekies geleen en met die volgende resep vorendag gekom. Dit werk perfek in my masjien…so ek hoop dit gaan ook vir jou suksesvol wees.
Omdat van die masjiene ingevoer word, verskil die meelgehalte waarmee hul respte getoets is van die meel wat in SA beskikbaar is.

  • Voeg bestanddele presies in hierdie volgorde by in jou pannetjie:
  • 310 ml sterk lou melk
  • 3 eetlepels olie
  • 2 eetlepels strooisuiker
  • 2½ (7 g) teelepels kitsgis
  • 2 teelepels sout
  • 2 koppies koekmeel
  • 1 koppie broodmeel wit/bruin

Die mates is afgemeet met die lepeltjie en koppie wat saam met my masjien gekom het.
(Sien my foto) Ek bak hierdie resep vir Basic(1), French(2) en Rapid 700 g(6), dit werk ook uitstekend as jy net die “dough(8) setting wil gebruik om deeg te maak vir vetkoek of om net bv. kaas by te knie vir ‘n ander variasie broodjie.
Dit maak die 700 g broodjie, ruim genoeg vir 6 mense. 

Resep geplaas deur Anne Venter

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page