Your Recipe Blog

BROODDEEG WIELE MET VULSEL

BROODDEEG WIELE MET VULSEL

Ek het vandag Kiti de Jager se bykos vir braai uitprobeer. Ek sien uit om dit vanaand saam met ‘n braai te eet.

  • brooddeeg
  • fyn knoffel
  • gedroogde roosmaryn, pietersielie en origanum
  • gerasperde Cheddar en Mozzarella kaas
  • olywe, opsioneel
  • gesmelte botter

Rol die brooddeeg uit in ‘n reghoek.
Smeer fyn knoffel op.
Sprinkel kruie oor volgens jou smaak, daarna die kase ook soos jy wil.
Rol die deeg met vulsel op soos ‘n rolkoek en sny in skywe van 2 cm.
Smeer ‘n bakplaat en plaas wiele langs mekaar. Laat rys vir sowat 25 minute.
Plaas olywe tussen in en sprinkel weer bietjie pietersiele en kase oor. (Net vir afronding.)
Bak in ‘n voorverhitte oond van 200ºC tot gaar en mooi bruin.
Smeer met gesmelte botter wanneer dit uit die oond gehaal word, dis om die wiele mooi te laat blink.

Foto: Hannie Steyn

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5