Your Recipe Blog

BROODDEEG VIR ROLLETJIES MET VARIASIES

BROODDEEG VIR ROLLETJIES MET VARIASIES

Resep, idees en fotos: Kashiefa Sulaiman Abrahams

  • 1 teelepel suiker
  • ½ teelepel sout
  • 1 pakkie kitsgis
  • 2 koppies koekmeel
  • 2 koppies bruismeel
  • 600 ml melk
  • 100 g botter of margarien
  • 100 ml kookolie
  • Plaas die suiker, sout en gis in ‘n diep mengbak en meng dit saam.
  • Voeg die koekmeel en bruismeel by en meng deur.
  • Verhit die melk en botter of margarien tot louwarm, die vingers moet nie brand nie.
  • Voeg die kookolie by die melkmengsel en roer deur.
  • Meng die nat bestanddele stadig by die droë bestanddele en knie goed deur.
  • Bedek die deeg in die mengbak en laat dit rus vir ongeveer 1 uur.
  • Vorm bolletjies so groot na eie keuse, pak dit in ‘n voorbereide oondbak.
  • Bak in ‘n voorverhitte oond by 180ºC vir ongeveer 15 tot 20 minute of tot goudbruin.
  • Soutbroodrolletjies:
  • Ek maak dit in happiegrootte vorms.
  • Gebruik dieselfde brooddeegresep, breek stukkies deeg af en vorm in balletjies, plaas dit langs mekaar op ‘n voorbereide bakplaat.
  • Maak ‘n mengsel van robot soetrissies, gesnyde uie en knippie gemengde kruie.
  • Smeer geklitste eier bo-op die deegballetjies en sprinkel die soetrissiemengsel oor die balletjies.
  • Bak die deegballetjies in ‘n voorverhitte oond by 180ºC vir 15 tot 20 minute.
  • Haal uit die oond en smeer dadelik soetrissiesous bo-oor die rolletjies.
  • Platbroodjies:
  • Gebruik dieselfde brooddeegresep, breek groter balletjies af en druk dit plat op ‘n oppervlak, smeer die hande met meel, sodat dit makliker kan hanteer.
  • Ek maak dit gewoonlik die grootte van ‘n piering.
  • Prik die bokant van die deeg met ‘n vurk en smeer liggies met ‘n geklitste eier.
  • Plaas die sirkels op ‘n voorbereide bakplaat en bak in ‘n voorverhitte oond by 180ºC vir 7 minute.
  • Smeer dit met ‘n knoffel- en kruiesmeersel.
  • Knoffel- en kruiesmeersel
  • 100 g botter
  • 1 teelepel knoffelpoeier
  • ½ teelepel vars knoffel, fyn gedruk
  • ½ teelepel gemengde kruie
  • bietjie sout na smaak
  • Meng die bestanddele goed en smeer oor die warm platbrode.
  • Hoendervulsel vir broodrolletjies:
  • 3 hoenderborsies, gaar gestoom en fyn gekap
  • 1 ui, fyn gekap
  • 3 teelepels braaivleisspeserye
  • ½ teelepel droë rissiepoeier
  • paar vars koljanderblare, fyn gekap
  • Meng die bestanddele goed.
  • Wanneer die brooddeeg klaar gerys het, breek stukkies deeg af en maak dit plat in die handpalm.
  • Plaas 1 teelepel van die hoendermengsel in die deeg en vou die deeg om die vulsel in ‘n balletjie.
  • Pak die gevulde balletjies in ‘n oondbak, smeer die balletjies met ‘n geklitste eier en strooi saadjies oor.
  • Ek kry ongeveer 30 balletjies uit die resep.
  • Bak die balletjies in ‘n voorverhitte oond van 180ºC vir ongeveer 15 tot 20 minute tot goudbruin bo op.

 

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page