Your Recipe Blog

BROOD BALLETJIES

BROOD BALLETJIES

Asof ek tyd het om te staan en speel maar ek het so ‘n paar snye, nie te vars, witbrood gehad en onthou ek het iewers die brood balletjies gesien…toe maak ek ‘n paar.

  • 6 snye witbrood
  •  ¼ koppie melk
  •  speserye na smaak

Verwyder die broodkorsies en breek die brood in klein stukkies.
Meng alles totdat dit ‘n deeg is.
Rol in balletjies en diep braai in olie totdat dit goudbruin is.
Eet dit met ‘n doopsousie.

Vir soet weergawe:
Laat die speserye uit.
Rol in balletjies en bak in diep olie.
Doop dit dadelik in koue stroop soos koeksisters.

Resep en fotos: Ria Posthumus

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page