BROCCOLISLAAI MET VIENNA’S
Broccoli slaai maak ek altyd met wat ek in my huis het.
- 500 g broccoli, ontvries
- 2 hoender kaas vienna’s
- Gouda kaas, so groot en dik soos Fetakaas
- 1 wiel Fetakaas
- 5 eetlepels mayonnaise
- 2 eetlepels kondensmelk
- sout en peper
Sny broccoli met ‘n skêr fyner. Ek hou nie van groot stukke nie.
Sny vienna’s in 1 cm stukkies, asook die kase.
Meng broccoli, kaas- en viennablokkies saam.
Geur met sout en peper.
Meng die mayonnaise en kondensmelk saam en roer deur die slaai.
Sit in yskas tot jy die slaai bedien.
Resep en foto: Meisie van der Colff