BROCCOLI, BLOMKOOL EN MIELIESLAAI
Resen en foto: Lydia Seegers
- 1 koppie Cheddar kaas in blokkies gesny
- ½ kop blomkool
- ½ kop broccoli
- 1 gekapte ui
- 250 g spekblokkies
- 1 blik heelpit mielies
- Breek die broccoli en blomkool in klein boompies op.
- Giet kookwater oor en laat staan vir 20 min.
- Dreineer die kookwater af.
- Braai die uie en spek saam en sit eenkant om af te koel.
- Sous:
- ½blik kondensmelk
- 1 koppie plein jogurt
- 1 koppie suurroom
- 3 teelepes sterk mosterdpoeier
- sout en peper na smaak
- Meng blomkoolmengsel en die spekmengsel saam in ‘n bak.
- Giet sous oor die slaai en meng deur.
- Heerlik as ‘n bykos.
Category:

