Your Recipe Blog

BRAZILIAANSE VARKVLEIS KERRIE IN DIE PRUTPOT

Recipe by
Cook: 8 + ure

BRAZILIAANSE VARKVLEIS KERRIE IN DIE PRUTPOT

Vir n koue wintersaand… Braziliaanse vark kerrie in die prutpot (slow cooker). Met klapper rys, koljander en kasjoeneute. Heerlik. En daar is baie leftovers!

Braziliaanse varkvleis kerrie en klapper rys

  • Kerrie:
  • 1 kg varkvleis, in 4 stukke gesny
  • 1 blikkie klappermelk
  • 2 eetlepels tamatiepasta
  • 1½ teelepel gemaalde kardemomsaad
  • 1 eetlepel gerasperde vars gemmer
  • 4 knoffelhuisies, gekap
  • 2 rooi peppers, in stukke gesny
  • 1 ui, gekap
  • ½ koppie gemmerbier
  • 4 eetlepels kerriepoeier
  • 1 teelepel rissiepoeier
  • Klapper rys:
  • 1 koppie water
  • 1 koppie klappermelk
  • 1 koppie jasmine rys, gewas
  • 2 teelepels sout
  • ½ lemmetjie se sap
  • koljanderblare
  • kasjoeneute

Plaas al die kerrie bestanddele in die prutpot. Prut 8 ure op laag of 6 ure op hoog (of totdat die vleis so sag is dat jy dit in drade kan trek). Verdik met maizena en water indien die sous te dun is na jou smaak.
Plaas die water en klappermelk in ‘n pot, en bring tot kookpunt. Voeg rys en sout by, en prut met deksel op oor lae hitte totdat al die vog geabsorbeer en die rys gaar is.
Meng met lemmetjiesap, en bedien met kerrie, koljander en kasjoeneute.

Resep en Foto: Ilze Jacobs

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page